GARDINER, ALLEN FRANCIS

GARDINER, ALLEN FRANCIS (1794–1851) is naby Oxford, Engeland, gebore. Sy godvresende ouers het hom van vroeg af in die basiese beginsels van die geloof* grootgemaak. In 1808 is hy na die vlootkollege in Portsmouth en het gou op see ’n offisiers­rang beklee. In 1819 het hy as luitenant op skoutadmiraal sir Henry Blackwood se skip die Kaap aangedoen. Gedurende die volgende jaar het hy, ná verskeie wedervarings op die see en in verskeie lande – veral China* – én die dood van sy ma, besluit om die Here* op ’n besondere manier te dien. Hy het ’n roeping gekry om die inboorlinge van Chili te bearbei. Intussen het hy vir drie jaar in Port Natal (tans bekend as Durban) deurgebring waartydens hy probeer het om die evangelie* aan die Zoeloes* te verkon­dig. In 1835 het hy daar die eerste openbare vergadering byeengeroep waar die nedersetting na die goewerneur van die Kaap, sir Benjamin D’Urban, vernoem is.

Ná sy dood het die Suid-Amerikaanse Sendinggenootskap ’n sendingskip gebou wat in 1855 te water gelaat is en na Gardi­ner vernoem is.

Sidebar