GASA

GASA is ’n gebied van ongeveer 55 hektaar in die suidweste van Palestina*. Hoë sandduine skei Gasa van die see, wat ongeveer 4-5 km verder wes geleë is. Die Filistyne* het in hierdie gebied gewoon en Gasa het ’n magtige stad geword. In Rig 1:19 lees ons dat Juda* nie vir Gasa kon verower nie, aangesien die inwoners van Gasa ysterwaens gehad het. (Kyk ook: Pentapolis.)

In moderne tye is Gasa die gebied waar die Palestyne ’n groot mate van outonomie geniet, maar in voortdurende konflik met die hedendaagse staat Israel*7 verkeer wat dikwels tot uitbarsting kom en groot lewensverlies tot gevolg het (soos weer in 2014).

Sidebar