GASAEL

GASAEL was die koning van Aram* in Sirië* (843–798 vC). Elia* het opdrag gehad om hom te salf (1 Kon 19:15), omdat God hom wou gebruik om Israel*3 te straf. Hy is egter eers jare later deur Elisa* gesalf (2 Kon 8:7-15). Gasael het Ben-Hadad* vermoor en het in sy plek koning geword. Hy behaal talle oorwinnings oor Israel*4 (2 Kon 10:32, 33) en Juda*4 (2 Kon 12:17), terwyl Amos* voorspel dat die Arameërs in ballingskap weggevoer sou word as gevolg van Gasael se dade (Amos 1:3-5).

Sidebar