GAT

GAT. Alhoewel daar nie vandag eenstemmigheid is oor die presiese posisie van Gat nie, weet ons dat dit een van die hoofstede van die Filistyne* was (Kyk by: Pentapolis). Die Bybel*skrywers het Gat beskou as ’n plek wat ’n Kanaän*itiese oorsprong gehad het. Die belangrikheid van Gat uit ’n By­belse perspektief hou verband met Dawid*. Toe Dawid vir die eerste keer uit die hof van koning Saul* weggejaag is, het hy pro­beer om skuiling te vind by Akis, die ko­ning van Gat (1 Samuel 21:10-15).

 

Sidebar