GEES (MENS)

GEES (MENS). In die Bybel* word op verskillende maniere oor die menslike gees gepraat. In die Ou Testament* is die mens geen “gees” nie – hy/sy is wel “siel” – maar hét gees. Die gees is ’n bewegende krag in die mens, soms ook ’n krag wat nie tot die persoon self behoort nie (“gees van wysheid”, “gees van leuens”, ens). In die Nuwe Testament* is gees, as dit in ’n neutrale sin gebruik word, iets ván die mens of ook die mens sélf. “Gees”op die mens toegepas, dui veral ook daarop dat die mens nie in isolasie bestaan nie, dat dit die mens se verhouding tot God is wat die verskil maak. Dan is “gees” die totale mens as religieus-afhanklike wese.

 

Sidebar