GEHASI

GEHASI was die dienskneg (Kyk by: Dienaar) van die profeet Elisa* (2 Kon 4:12-36; 5:20-27; 8:4-6). By twee van hierdie teksgedeeltes lees ons van die genesing van Naäman* se melaatsheid en van Gehasi se selfsug, gulsigheid en sy straf. Elisa se weie­ring om geskenke van Naäman te ontvang, staan in skrille kontras met Gehasi se optrede (2 Kon 5:20-26). Die Afrikaanse uitdrukking “Vanwaar, Gehasi?” – skertsend gevra as iemand wat onverwags sy verskyning maak – is na aanleiding van 2 Kon 5:25 (HAT, 2005).

 

Sidebar