GEHEIM

GEHEIM. Daar is geheime tussen mense (Ps 64:2; Spr 11:13; 20:19; 25:9) en God openbaar sy hemelse wil* (Jer 23:18; Amos 3:7) en geheimenisse van sy huidige en toekomstige dade aan sy dienaars* (Dan 2:18-19, 27-30, 47; 4:9).

Geheimenis verwys na die koninkryk* van God (lees Mark 4:11). Dit is die Godde­like plan wat uiteindelik volvoer sal word (Op 10:7). Hoewel die geheimenis voor die grondlegging van die wêreld bestaan het (Ef 1:4, 9; 3:3-4, 9), is dit nou bekend ge­maak: alles word nou onder Christus* se hoofskap*2 geplaas (Ef 1:9-10; 3:9-10). Hei­dene* het saam met die gelowiges* deel aan God se beloftes* (Ef 3:3-5, 9). Christus is die inhoud van God se geheimenis (Kol 1:26-27; 2:2). Dit word bekend gemaak deur die kerk* (Ef 3:9-10) en die verkondiging van die evangelie* (Rom 16:25; Ef 6:19).

Paulus* staan in diens* van die geheimenis (1 Kor 4:1) wat aan hom (Ef 3:3, 7-8), die kerk (Ef 1:9) en apostels* en profete* ge­open­baar is (Ef 3:5). Geheimenis staan teenoor die Grieke se wysheid* (1 Kor 2:1-2, 7-8). Liefde* oortref alle kennis van gehei­menisse (1 Kor 13:2). Geheimenis dui op die Christelike onderrig (1 Tim 3:9,16) se volle inhoud en die eenheid* tussen Christus en die kerk* (Ef 5:32).

Sidebar