GELOOF

GELOOF. Mense “glo” op die een of ander manier, selfs al ontken sommige dit. Die Bybel* onderskei tussen die ware geloof* aan die een kant en vals geloof en skyngeloof aan die ander kant. Ware geloof is kennis van die Bybelboodskap en vertroue dat die verlossing wat in die Bybel verkondig en beloof word, jou deel is. Hierdie kennis en vertroue vorm ’n onlosmaaklike eenheid.

Ware geloof is ’n geskenk, ’n gawe van God (Ef 2:8; Fil 1:29), wat die Heilige Gees* in die hart werk. Ware geloof is om die oeroue belydenis jou eie te maak: “Jesus is die Here!” Ware geloof is altyd ’n lewende of werkende geloof wat deur dade bevestig word (Jak 2:14-26). Die ware geloof moet ook groei en versterk word deur die predi­king van die evangelie* en die gebruik van die sakramente*. ’n Ware gelowige se hele lewe word beheers deur die geloof (Heb 11).

Vir verdere lees: Dordtse Leerreëls, veral Hoofstuk 3–4:10-14.

Sidebar