GELOOFSOFFERS

GELOOFSOFFERS. Die beginsel van die geloofsofferbelofte is om 1. in biddende afhanklikheid van God, 2. bo en behalwe die gewone gemeentelike dankoffers, 3. ’n belofte* te maak van ’n verdere bydrae spesifiek vir sending*werk, 4. sonder dat die geld noodwendig in daardie stadium beskikbaar is. Daarom die benaming geloofsofferbelofte (of: geloofsbelofteoffer): dit word in geloofsvertroue gedoen, dit is ’n belofte in die geloof* (nie ’n kontrak nie), en dit is ’n offer (’n opofferende bydrae). Alhoewel daar nie in die Bybel* voorbeelde hiervan is nie, beteken dit nie dat die saak nie “Bybels” is nie. Die Bybelse reëlings oor bydraes (“tiendes”*) laat ruimte vir verskillende metodes van gee. Soms was dit by wyse van “belastings” (tiendes van allerlei aard) (soos bv in Lev 27 en Deut 14); ander tye was dit gekoppel aan spontane offers by spesiale geleenthede (bv 1 Kon 8 en 2 Kron 15); of selfs voorgeskrewe offers (bv Num 18). Elders is daar sprake van vrye beloftes wat gemaak is (bv 2 Kor 8 en 9). Daar is nie ’n spesifieke metode voorgeskryf waaraan ons vandag ten alle koste moet vashou nie.

Die geloofsofferbelofte is ’n geregverdig­de – en meermale geseënde – manier om fondse vir die gemeente se sendingprojekte in te samel.

^^^1

Sidebar