GELYKENISSE VAN DIE KONIN­K­RYK

GELYKENISSE VAN DIE KONIN­K­RYK. Die saaier (Matt 13:3-9, 18-23; Mark 4:3-9, 13-20; Luk 8:5-8, 11-15). Die saad wat vanself groei (Mark 4:26-29). Die onkruid (Matt 13:24-30, 36-43). Mosterdsaad (Matt 13:31-32; Mark 4:30-32; Luk 13:18-19). Suurdeeg (Matt 13:33; Luk 13:20-21). Die pêrel (Matt 13:45-46). Die weggesteekte skat (Matt 13:44). Die visnet (Matt 13:47-50). Die onwillige kinders (Matt 11:16-19; Luk 7:31-35). Die onvrugbare vyeboom (Luk 13:6-9). Die werkers in die wingerd (Matt 20:1-16). Die twee broers (Matt 21:28-32). Die bruilof (Matt 22:1-14). Die feesmaal (Luk 14:16-24). Die boere en die wingerd (Matt 21:33-46; Mark 12:1-12; Luk 20:9-19). Die verlore skaap (Matt 18:12-14; Luk 15:3-7). Die verlore muntstuk (Luk 15:8-10). Die verlore seun (Luk 15:11-32). Twee mense in die skuld (Luk 7:41-47). Die Fariseër en die tollenaar (Luk 18:9-14). Die ryk man en Lasarus (Luk 16:19-31). Die waaksame slaaf (Luk 12:35-40). Die tien meisies (Matt 25:1-13). Die onbetroubare slaaf (Matt 24:45-51; Luk 12:42-46). Die vyf muntstukke (Matt 25:14-30). Die tien goue muntstukke (Luk 19:11-27). Die ryk dwaas (Luk 12:16-21). Die barmhartige Samaritaan (Luk 10:25-37). Die man wat nie wou vergewe nie (Matt 18:23-35). Die vriend met probleme (Luk 11:5-8). Die oneerlike bestuurder (Luk 16:1-13). Die oneerlike regter (Luk 18:1-8). Let op dat daar geen gelykenisse in die Johannes*-Evangelie voorkom nie.

Sidebar