GENADENDAL

GENADENDAL is die oudste sending­*stasie in Suid-Afrika. Dit is in 1737 deur die Morawiese* (Slowaakse) sendeling Georg Schmidt* te Baviaanskloof in die Rivierson­de­rendvallei gestig. Ná sewe jaar word hy gedwing om sy werk te staak, aangesien die predikante van die Kaapse (NG) Kerk* aangevoer het dat hy nie ’n geordende le­raar* is wat die doop* mag bedien nie.

Eers in 1792 word die Morawiërs toegelaat om die werk voort te sit op voorwaarde dat hulle nie ’n kerkklok mag lui nie, aangesien dit die kerk op Stellenbosch sou pla(!). Die sendelinge Marsfeld, Kühnel en Schwinn het in dié tyd nog een van Schmidt se bekeerlinge met haar Bybel* in Baviaanskloof aangetref (Kyk by: Tikkuie, Vehettge, ook: Lena van Genadendal). Die werk het floreer en goewerneur Janssens het die dorp se naam in 1806 na Gena­dendal verander. Die eerste onderwyskollege in Suid-Afrika is in 1838 hier gestig en ’n mesfabriek, meubelfabriek en drukpers is opgerig. Genadendal het ontwikkel tot die tweede grootste nedersetting in die Kaapkolonie.

Die onderwyskollege is in 1926 deur die Departement van Onderwys gesluit met die argument dat bruinmense nie hoër onderwys benodig nie en op naburige plase moet werk.

Genadendal is vandag ’n dorp met talle historiese geboue. Pres Nelson Mandela* het in 1995 die naam van sy ampswoning in Kaapstad van Westbrooke na Genaden­dal verander.

Sidebar