GENOEGDOENING

GENOEGDOENING beteken die voldoening van Christus* se offer* aan die kruis*. Hiermee word letterlik gesê dat Christus genoeg gedoen het om die mens van sy sondes* te verlos en sy heil* te waarborg. Geen ander offer in die Ou Testament* was voldoende nie. Die offers was wel ’n skuldbelydenis en nuwe verbintenis aan God*, maar nie naastenby genoeg om die mens van sy sondes te bevry nie. Onder invloed van Gregorius* die Grote het die plaasbekledende genoegdoening van Christus in die belydenisskrifte* neerslag gevind. As Middelaar* het Christus krag­tens sy mensheid vir die sondes gesterf en kragtens sy Godheid het Hy die dood* oorwin om die mensheid daarvan te verlos.

 

Sidebar