GERMOND, PAUL

GERMOND, PAUL (1956–) is in Lesotho gebore. Hy is ’n Katolieke* priester*2 wat sy doktorsgraad aan Columbia se universiteit verwerf het met Straight from God: Religion, Power and the Christian Con­struc­tion of Heterosexuality – oor gods­dienstige mag en seksuele identiteit. Hy is professor aan die Universiteit van die Wit­wa­tersrand in godsdienssosiologie. Ger­mond het heelwat gepubliseer, waarvan die bekendste ’n werk saam met John de Gruchy* is: Aliens in the Household of God: Homosexuality and the Christian Faith in South Africa (Kaapstad: D Phillip, 1997).

 

Sidebar