GESAG

GESAG is die reg om mag te gebruik om mense te beïnvloed, selfs oor hulle te heers. Christene* glo dat dié reg uiteindelik van God kom. Dit word egter meer onmiddellik aan mense verleen op grond van tradisie, die wet en geestelike invloed (“charisma”). Wat gesagsuitoefening onderskei van on­aan­vaarbare vorms van magsuitoefening – bv deur dwang, geweld of geldelike manipulasie – is, naas die bevoegdheid wat die gesagsfiguur het om mag uit te oefen, ook dat dit só behoort te geskied dat mense tot verantwoordelike vryheid gelei word. Die dienende gesag wat Jesus* gekenmerk het, is vir ons die voorbeeld by uitstek. Daarby kan iemand ook slegs as ge­sag­hebbende invloed uitoefen as sy/haar gesag deur mense erken word. Selfs Jesus kon nie in Nasaret* wonderwerke doen nie, omdat sy gesag as leermeester nie erken is nie.

Vir verdere lees: LB Smedes 1992. Mere morality. What God Expects from Ordinary People. Grand Rapids: Eerdmans.

 

Sidebar