GESLAGSGEMEENSKAP

GESLAGSGEMEENSKAP verwys na die stimulering van die geslagsdele (genital acts) deur die seksmaat tot op die punt van geslagsgemeenskap. Dit veronderstel dus dat dit ’n heteroseksuele seksdaad is wat die penetrasie van die vagina deur die penis insluit.

Terwyl die huwelik* in bv Katolieke* en gereformeerde* kringe steeds gesien word as dié ruimte waarbinne geslagsgemeenskap (mag) plaasvind, word al hoe meer ander aansprake gemaak. Vandag word bv vanuit homoseksuele* kant verklaar dat konsepte soos “geslagsgemeenskap” meer neutraal op alle seks van toepassing is. Daarbenewens toon op­na­mes dat die gemiddelde ouderdom waarop jongmense, ook Christenjong­mense, ’n eerste seksuele ervaring het, laer word. (Daarteenoor trou mense op ’n hoër ouderdom.) Groot getalle mense is blykbaar buite die huwelik seksueel aktief. Dit kom dus voor asof die heteroseksuele huwelik sy monopolie op seks verloor het. Hierdie verskynsels plaas die kerk* voor ’n prakties-teologiese probleem oor seks, naamlik: In watter mate is sosio-kulturele verandering ’n positiewe stimulus vir ver­dere teologiese nadenke, en tot watter mate moet dit in die naam van die evangelie* weerstaan word?

Vir verdere lees: J Davies en G Loughlin (red) 1997. Sex These Days: Essays on Theology, Sexuality and Society. Sheffield: Sheffield Academic Press. MA Hayes, W Porter en D Tombs 1998. Religion and Sexuality. Sheffield: Sheffield Academic Press; MD Jordan 2002. The Ethics of Sex. Oxford: Blackwell; JC Müller 2002. Gesinne van binne: Vertel die verlede en droom oor die toekoms van jou gesin. Bloemfontein: Barnabas.

Sidebar