GESLAGSVERANDERING

GESLAGSVERANDERING verwys na die hormonale en chirurgiese ingrype om die geslagtelike hertoewysing teweeg te bring van ’n persoon wat fisiologies manlik of vroulik is, maar hom- of haarself as ’n lid van die teenoorgestelde geslag beleef (be­kend as transseksuele). Aangesien die persoon wat ’n geslagsverandering ondergaan het, wel fisiologies tot die teenoorgestelde geslag behoort, maar geneties steeds tot sy of haar geslag van oorsprong behoort, bring die aangeleentheid ernstige etiese* vrae met betrekking tot die status van seksuele verhoudings en die moontlike huwelik(e) van so ’n persoon na vore.

 

Sidebar