GESNEDE BEELD

GESNEDE BEELD. Dié begrip hou verband met die werkwoord “om te kap, om te kerf” (1 Kon 5:18) en word onderskei van beelde wat van gestolde metaal gegiet word (Deut 27:15).

Gesnede beelde is in Israel* en die Ou Nabye Ooste gewoonlik van klip of hout gemaak en dikwels ook met goud of silwer oorgetrek om as afbeeldings van gode aanbid te word (Jes 40:19-20; 45:20; Hab 2:18-19). In Egipte*, Mesopotamië* en Kanaän* was die gesnede afbeeldings van gode die fokus van aanbidding in tempels wat gewoonlik aan die betrokke afgod* gewy was en die afbeelding het die teenwoordigheid van die betrokke god uitgebeeld (Deut 7:5, 25; 1 Sam 5:2-5; 2 Sam 5:21).

Die verbod op beelde in die Tien Ge­booie* (Eks 20:2-6; Deut 5:6-10) dui op die afkeer van die godsdienstige gebruik van beelde en verwys nie na ’n algemene verbod van beelde nie. Daarom word die afbeelding van gerubs* in iets so heilig soos die tempel* in Jerusalem* nie verbied nie (1 Kon 6:23-28; 2 Kron 3:7).

Sidebar