GEWETE

GEWETE. Hierdie term het verskillende nuanses waarvan ’n innerlike aanvoeling vir wat reg en verkeerd is, die stem van God in ’n mens se binneste, en die denke van die mens wat definitiewe morele* keuses moet maak, die belangrikste is. Tradisio­neel bestaan die woord uit twee elemente. Synderesis is die mens se bewussyn van universeel-bindende beginsels oor gedrag. Conscientia het te doen met die mens se vermoë om hierdie universele beginsels op spesifieke situasies van toepassing te maak. Die Ou Testament* het geen spesifieke verwysings na gewete nie, terwyl die Nuwe Testament* gewete as ’n integrale deel van die mens se persoonlikheid beskou.

 

Sidebar