GEYSER, ALBERTUS STEPHANUS (ALBERT)

GEYSER, ALBERTUS STEPHANUS (ALBERT) (1918–1985)  is op 10 Februarie 1918 in die distrik Ermelo gebore. Hy word in 1941 as predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika te Heilbron georden en in 1946 as dosent in die Nuwe-Testamentiese wetenskap aan die Universiteit van Pretoria aangestel. In 1947 promoveer hy met ‘n proefskrif oor die geslagsregister van Jesus Christus volgens Matteus 1:1-17 en Lukas 3:23-38 en word hy in dieselfde jaar nog tot hoogleraar aan hierdie instelling bevorder. As omstrede figuur bedank uit hierdie posisie in 1962. Hierna word hy professor in Bybelkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy sterf op 13 Junie 1985 en word uit die Nederlandssprekende gemeente van die NHKA begrawe.

In Oktober 1961 is Geyser deur drie finalejaar teologiese studente (HG van der Westhuizen, WCM de Beer en WC Bezuidenhout) aangekla van dwaalleer oor Christus en verset teen kerklike besluite. Op 8 Mei 1962 het die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering bevind dat die eerste klag gegrond was en is hy gevolglik uit die predikantsamp onthef. Geyser het hom egter op die burgerlike hof beroep en die kerk se uitspraak is toe ter syde gestel. Dit is weliswaar duidelik dat hierdie geskil veral ook ideologies van aard was.

 

Sidebar