GIBRAN, KHALIL GIBRAN (KAH­LIL)

GIBRAN, KHALIL GIBRAN (KAH­LIL) (1883–1931) is in Bsharri (in die noorde van die huidige Libanon) gebore, naby die bekende Vallei van die Seders van die Libanon. In hierdie gebied woon oorwegend Christene*. Sy oupa aan sy ma se kant was ’n priester*2. Vanweë sy pa se dobbelary het die gesin verarm en het Gibran nie ’n skoolopvoeding gekry nie. Sy ma het haar diep geloof* aan haar seun oor­gedra en dit is versterk deur die plaaslike priester se onderrig. Nadat sy pa tronk toe gestuur is en al hulle besittings opgeveil is, het die res van die gesin in 1895 na Amerika verhuis. Hier moes hy Engels leer, en het hy ook die spelling van sy naam verander.

Alhoewel hy skaam en teruggetrokke was, het hy dit geniet om operas by te woon en na die teater te gaan. By ’n ge­meenskapsentrum het hy kennis gemaak met die wêreld van fotografie, letterkunde en die kunste. Hy het hom aanvanklik in die skilderkuns verdiep, mettertyd al hoe meer in die letterkunde. Later is hy terug Libanon toe om sy skoolopleiding te vol­tooi.

Die meeste van Gibran se publikasies, wat wêreldbekend geword het, handel oor ’n faset van die Christendom*, waarin hy veral die wanpraktyke van die Oosterse kerke en die kerklui van sy tyd veroordeel. Sy bekendste werke is Die profeet en Jesus, Seun van die mens.

 

Sidebar