GIDEON

GIDEON was ’n rigter* van Israel*2 wat deur God geroep is om Israel te bevry van die Midianiete* (Rig 6). Gideon, ook genoem Jerubbaäl*, twyfel egter aan God se vermoëns en vra twee tekens om hom te oortuig van God se teenwoordigheid. God voldoen aan Gideon se versoek, maar gaan dan voort om die beskikbare troepe drie keer deur ’n streng keuringsproses te verminder om te verseker dat die eer alleen aan God sou gaan. Mettertyd begin Gideon homself egter al hoe belangriker ag, en al­hoewel hy nie die aanbod van koningskap aanvaar nie, vra hy vir ’n materiële belo­ning waarvan hy ’n efod* maak wat later tot sy eie familie en die hele Israel se ondergang sou lei.

Sidebar