GNOSTISISME

GNOSTISISME. Gnostici het geglo dat ’n mens deur kennis verlos word en is in die geskrifte van die kerkvaders* (200–400 nC) as ’n ketterse* verdraaiing van die Christen­dom* aangeval. Die kerkvaders is eenstemmig daaroor dat Simon*8 van Samaria die eerste gnostikus was, alhoewel Hand 8 hom net as ’n persoon wat toordery beoefen het, beskryf. Volgens later bronne het hy daarop aanspraak gemaak om goddelik te wees. Die bekendste gnostikus was Valentinus wat onder andere geleer het dat daar ’n reeks “goddelike uitvloeiings” was.

Gnostici glo dat goddelike vonkies in som­mige geestelike indiwidue teenwoor­dig is. Volgens hulle stuur God van tyd tot tyd ’n verlosser wat vir hulle verlossing deur kennis bring. Nadat hulle gesterf het, word hulle weer wakker en ontsnap aan hulle liggaam en reis deur sfere van vyandige demone* om met God herenig te word. Daar is vir gnostici geen opstanding van die liggaam nie. Omdat hulle verlossing nie deur geloof gevind word nie, het sommige gnostici deur die jare losbandig gelewe.

Die meeste gnostici het hulle egter van seks* en die huwelik* weerhou. Vir hulle was die skepping van die vrou* die bron van boosheid en die hê van kinders ’n vermenigvuldiging van siele wat in die magte van die duisternis vasgevang word. Hulle verlang na die dag wanneer vroue in mans verander sal word …

Vir verdere lees: SB Ferguson, DF Wright en JI Packer (red) 1988. New Dictionary of Theology. Leicester: IVP.

Sidebar