GODSDIENS

GODSDIENS. Die Nuwe Testament* neem die betekenis van die Ou-Testamen­tiese* geloof* ernstig op wanneer dit oor gods­diens praat, naamlik die konkrete, gehoorsame reaksie van die totale mens* op God* se roeping*. Dit het gebruike soos gebed*, vas* en hulp aan armes (Kyk by: Armoede) ingesluit (Matt 6:1-18). Omdat God Homself in Christus* oor ons ontferm het, is selfopoffering in diens* van God die wese van godsdiens (Rom 12:1).

Godsdiens kan egter ook dui op selfgemaakte “godsdiens” wat bestaan uit die na­ko­ming van wette* om gered te word (Kol 2:23). Offers* wat priesters*1 dag na dag as deel van die godsdienstige aanbidding* gebring het, het geen waarde in vergelyking met die eenmalige offer van Christus nie (Heb 10:11-12). Redding* vind nie plaas deur (vormlike) godsdienstigheid nie, maar deur te glo in Hom wat Jesus* uit die dood* opgewek het (Hand 17:16-34).

In latere Nuwe-Testamentiese briewe* is godsdiens ’n vaste sisteem van waarhede* (1 Tim 3:9, 16; 6:3). Godsdienstige vroue* moet op ’n bepaalde manier in die ge­meente* optree (1 Tim 2:9-11). (Kyk ook Religie.)

Sidebar