GOMER

GOMER was die naam van ’n man en ’n vrou en ook van ’n inhoudsmaat.

  1. ‑Hy was die seun van Jafet* (Gen 10:2-3; 1 Kron 1:5) en die pa van Askenas, Rifat en Togarma. Hy het aan die noordelike oewer van die Swartsee gaan woon. Dit word redelik algemeen aanvaar dat Gomer die voorvader van die Keltiese na­sies was.
  2. ‑Gomer was die dogter van Diblajim met wie Hosea* in opdrag van die Here* moes trou (Hos 1:3).
  3. ‑Dit is ook ’n inhoudsmaat. Kyk by: Mate, gewigte, geld*.
Sidebar