GREGORIUS XVI

GREGORIUS XVI (1765–1846) was vanaf 1831 pous* van die Katolieke Kerk*. Hy is bekend vir die leer oor die onfeilbaarheid van die pous wat hy ontwikkel het, en vir die oorloë, opstande en rewolusies waar­mee hy as pous te kampe gehad het.

Gregorius XVI is as Bartolomeo Cappel­lari in 1765 in Belluno, Italië, gebore. Voor­dat hy twintig was, in 1783, het hy tot ’n klooster* toegetree. In 1799 publiseer hy Die Triomf van die Heilige Setel waarin hy leer dat die pous bo alle aardse mag is en dat hy ook onfeilbaar is. Vroeg in die 1800’s moes hy Rome egter verlaat toe Napoleon* begin om die godsdienstige ordes* te onderdruk. In 1814 keer hy terug en beklee verskillende hoë poste in die kerk tot hy in 1831 tot pous verkies word, nadat die kieskollege 64 dae lank gesit het. ’n Rewolusie begin kort hierna in die pouslike state en sou min of meer voortduur tot Gregorius XVI se dood in 1846.

Met Gregorius XVI se dood is ontevredenheid met die pousdom grootliks opgehef.

Sidebar