GREYLING, CHRISTEMAN JOËL AN­DRIES (CHRIS)

GREYLING, CHRISTEMAN JOËL AN­DRIES (CHRIS) (1930–2010) het aan die Pretoriase universiteit studeer en in 1955 begin met die Oos-Randse Indiërsending. In 1957 brei sy opdrag uit om die hele destydse Transvaal te omvat. Goeie vorde­ring is in sy dienstyd veral met sending*werk onder die Hindoes* gemaak. In 1969 verhuis die Greylings na die Kaap en word hy die predikant van die NG Sendingkerk*-gemeente Wynberg. Van 1971 af is sy opdrag sending onder die Moesliems*. In 1977 het hy dosent in Bybelkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland geword, en in 1985 professor in Bybelkunde aan die Universiteit van Durban-Westville. Ná sy aftrede in 1994 het hy van tyd tot tyd klas gegee aan die Teologiese Kweekskool* op Stellenbosch. Sy doktorsproefskrif het gehandel oor die Jesus*-beskouing van die Moesliems. Grey­ling was in moeilike omstandighede ’n baan­breker. Sy een seun, Christo Greyling*, het ook predikant geword en is bekend vir sy werk in verband met HIV en vigs.

 

Sidebar