GUTIÉRREZ, GUSTAVO MERINO

GUTIÉRREZ, GUSTAVO MERINO (1928–) is ’n Peruviaanse teoloog en Domi­ni­kaanse* priester*2 en word beskou as die grondlegger van die bevrydingsteo­logie* by die Universiteit van Notre Dame. In 1993 het die Franse regering die Legioen van Eer-orde aan hom toegeken. Hy het me­dies en lettere in Peru gestudeer, siel­kunde en filosofie* in Louvain, en het sy doktorsgraad by die Katolieke* Instituut in Lyon ontvang. Gutiérrez se baanbrekerwerk, A Theology of Liberation: History, Politics, Salvation, het in 1971 verskyn waarin hy sy siening van Christelike* arm­oede* as ’n liefdesdaad van solidariteit met armes uiteensit. Vol­gens Gutiérrez het ware bevryding drie dimensies: 1. Dit het met politieke en so­siale bevryding – die onmiddellike oorsake van armoede en ongereg­tigheid – te doen. 2. Be­vryding het met die emansipasie van die armes, die gemarginaliseerdes, verdruktes en agtergeblewenes te doen. Hy is ’n fel teenstander van al die dinge wat hierdie groepe se vermoë beperk om hulleself vryelik en met waardigheid te ontwikkel. 3. Bevrydingsteologie het te doen met die bevryding van selfsug en sonde* en die daarstelling van ’n egte verhouding met God en die naaste*. Gutiérrez het meer as ’n dosyn eregrade ontvang.

Sidebar