HAAT

HAAT is ’n emosie van intense weersin, afkeer of apatie teenoor ’n ding, persoon, ’n ander sosiale groep of ideologiese politieke sisteem en wek gewoonlik die begeerte op om die objek van haat te vermy, te beperk, te verwyder of te vernietig. Dikwels is haat ’n natuurlike emosie, want mense haat dit as iemand hulle persoonlike welsyn of geliefdes te na kom. In die Bybel* is haat kenmerkend van sondaars* in hulle verhouding tot God (Joh 15:23) en tot ander mense (Gal 5:20). Haat staan in sterk kontras met die liefde* wat Jesus* van sy volgelinge verwag (Matt 5:44).

Sidebar