HAMARTOLOGIE

HAMARTOLOGIE of sondeleer is een van die loci (temas) wat in die Dogmatiek* aan die orde kom. Dit handel oor die sonde* as verskynsel in die wêreld in die lig van wat die Bybel* daaroor sê. Daar word onder meer gevra na wat sonde wesenlik is en op watter manier daar vasgestel kan word wat sonde is. Een van die heel moeilikste vrae in die teologie* is dié na die oorsprong van die sonde. In die gereformeerde* hamartologie word daar meer bepaald aandag gegee aan die erfsonde*. Daar word ook gekyk na die manier waarop die sonde funksioneer in die lewe van mense en die effek daarvan op die strukture van die sa­me­lewing. Die gevolge van die sonde in hierdie en die toekomstige lewe word ook aan die orde gestel.

Sidebar