HANEKOM, ABRAHAM ROCHELLE (BRAAM)

HANEKOM, ABRAHAM ROCHELLE (BRAAM) (1960–) het op Stellenbosch teologie* studeer waar hy in 1984 gelegitimeer (Kyk by: Legitimasie) is, in 1983 die erekleure van die universiteit en in 1995 sy doktorsgraad in teologie ontvang het. Hy was studenteleraar op Stellenbosch en van 1993 af die leraar van die NG Gemeente Stellenberg met as bykomende opdrag demografiese ondersoek en strategiese gemeente-ontwikkeling in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaap. Mettertyd tree hy ook op as sinodale amptenaar vir armoede* en sorg en reël in dié hoedanigheid hoëprofiel kongresse oor armoede en armoedeverligting. Later dien hy as direkteur vir Publieke Getuienis van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaap). In 2007 en 2011 is hy moderator* van die Sinode van Wes-en-Suid-Kaap, en in 2011 word hy ook assessor (ondervoorsitter) van die Algemene Sinode. Hy speel ’n sleutelrol in pogings om die Belydenis van Belhar* in die NG Kerk* aanvaar te kry, skryf rubrieke in dagblaaie en stel meermale die kerk se siening van sake op ’n genuanseerde wyse in die openbaar. In 2007 en 2011 is hy mo­derator* van die Sinode van Wes-en-Suid-Kaap, en in 2011  word hy ook assessor (ondervoorsitter) van die Algemene Sinode. Hy speel ’n sleutelrol om die Belydenis van Belhar* in die NG Kerk* aanvaar te kry, skryf rubrieke in dagblaaie en stel as “publieke teoloog”meermale die kerk se siening van sake op ’n genuanseerde wyse in die openbaar. Hanekom was dikwels betrokke by leierskapsopleiding onder beroepslui.   Hy is die digter-komponis van Lied 547 in die Liedboek van die kerk, “Alle volke, klap jul hande”, en het Lied 450 uit die Engels herdig. Hy is die skrywer van etlike boeke, waaronder Man met balans wat in 2001 deur die Christelike Boekhandelaars van Suid-Afrika bekroon is as Beste Christelike Dagboek.

Sidebar