HANNA

HANNA was die ma van die profeet Sa­muel* en die vrou van Elkana*, wat kinderloos was en gevolglik baie pyn verduur het as gevolg van haar situasie. In 1 Sam 1 reis Hanna saam met haar man na Silo* waar sy God in die tempel* smeek om vir haar ’n kind te gee. Sy beloof dat sy die kind sal grootmaak in diens van die Here*. Ná die geboorte van haar seun Samuel, lees ons die vreugdevolle lied van Hanna in 1 Sam 2, wat as inleiding tot die boek Samuel dien. Hierdie lied het die wonderlike tema van God wat in staat is om die onmoontlike te doen, wat die armes ophef en die magtiges se krag breek. Hanna se lied word die model vir Maria*1 se lied in Luk 2 ná die geboorte van haar seun, Jesus*.

 

Sidebar