HANUKKA

HANUKKA is ’n Joodse* fees wat in die tyd tussen die Ou* en Nuwe* Testament ont­staan het en vandag nog gevier word. Dan 9:27 en 11:31 profeteer van die gebeure wat aanleiding tot die fees gegee het, en die Makkabeër*-boeke vertel daarvan. In 167 vC het die Grieks-Siriese heerser Antiogus* Epifanes die tempel* in Jerusalem* onteer deur op 25 Kislev (Kyk by: Kalender) varkvleis aan Zeus* daarin te offer. Die Jode het in opstand gekom. Onder leiding van Judas Makkabeus* is die vyand verdryf. In 164 vC is die Joodse offerdiens herstel. Joh 10:22 verwys daarna as die “Fees van die Tempelwyding”.

Vir verdere lees: R de Vaux 1974. Ancient Israel – Its life and Institutions. New York: McGraw Hill.

Sidebar