HARE KHRISNA

HARE KHRISNA. “Hare” beteken “here” en “Khrisna” is die hoogste van die Hindoe­gode (Kyk by: Hindoeïsme). Navolgers word uitgeken aan hulle saffraankleed, kaalgeskeerde koppe (behalwe vir ’n enkele varkstertjie), en asmerke op hulle gesigte. Verlossing lê vir hulle in sui­wering en totale oorgawe aan Khrisna. Navolgers gaan deur die Brahmin-inisiasie waartydens hulle ’n geheime mantra ontvang wat drie maal per dag gemediteer word. Net enkele toegewyde mans bereik Sannyasa wat ’n lewenslange verbintenis aan armoede, selibaatskap*, prediking en goeie werke vra. Hare Khrisnas glo in reïnkarnasie* en glo dat die “self” ná die dood van een liggaam na ’n ander liggaam migreer. Die manier waarop jy jou een lewe leef, bepaal die vorm van jou volgende lewe.

Sidebar