HARVEY, WILLIAM

HARVEY, WILLIAM (1578-1657) is in Folkestone, Kent, gebore. Hy het aan King’s School in Canterbury gestudeer voordat hy na Gonville en Caius College in Cambridge gegaan het. Hy het ’n mediese graad ver­werf aan die Universiteit van Padova in Italië waar Galileo* klasgegee het. Harvey het in 1602 sy graad met erekleure behaal en te­rug­gekeer na Engeland, waar hy ’n verdere mediese kwalifikasie verwerf het, dié keer aan die Universiteit van Cambridge. By sy te­rug­keer na Londen het hy in die St Bar­tho­lomew Hospital begin praktiseer en terselfdertyd begin klasgee aan die College of Physicians, waar hy in 1616 sy teorie oor die sirkulasie van bloed ontwikkel het. In 1628 verskyn sy An Anatomical Study of the Mo­tion of the Heart and of the Blood in Ani­mals, waarin hy uiteensit hoe bloed vanaf die hart* deur die hele lyf gepomp word, na die hart terugkeer en dan weer gesirkuleer word. Die menings in hierdie boek was uiters kontroversieel. Twee honderd jaar later is sy empiriese teorie gestaaf. Hy was koning Charles I se persoonlike dokter en het by die Slag van Edgehill na hom omgesien. Teen die einde van sy lewe het die mediese gemeenskap oor die hele Europa heen Harvey vereer vir sy mediese en we­ten­skaplike genialiteit.

Sidebar