HASOR

HASOR. Altesaam vyf stede met hierdie naam kom in die Ou Testament* voor (ook gespel Gasor). Die bekendste is ’n stad 8 km wes van die Meromwaters, tussen Rama* en Kades*, met Jabin* as koning (Jos 11:1, 10), wat deur Josua*, en later ook deur Debora* en Barak* verower is (Rig 4:23). Hasor is aan Naftali* toegeken. Salomo* het Hasor met dwangarbeid herbou (1 Kon 9:15), maar die inwoners is uiteindelik in ballingskap deur die Assiriërs* weggevoer (2 Kon 15:29).

 

Sidebar