HEBREEUS

HEBREEUS is ’n Noordwes-Semitiese taal (Kyk by: Semitiese tale) wat in die noord-westelike deel van die Ou Nabye Ooste tus­sen die Jordaan* en die Middellandse See tydens die 2de millennium vC ontstaan het. Hierdie taal is dus al vir langer as 3 000 jaar in gebruik en was/is gevolglik ook nie oral dieselfde nie. Dit het allerlei katastrofes, die Babiloniese ballingskap*, die Persie­se oorheersing asook die Joodse oorloë oorleef, en het gevolglik beduidende invloede “van buite” ondergaan.

Dit word gewoonlik in vier taalkundige groepe verdeel:

  1. Bybelse Hebreeus: Dit word verder onderverdeel in a) Klassieke Bybelse He­breeus – die taal van die prosadele uit die voor-ballingskap-periode (587 vC); b) Laat Bybelse Hebreeus – die taal van die na-ballingskap-periode, wat ooreenkomste vertoon met die Dooie See-rolle*.
  2. Rabbynse (Misjna-) Hebreeus: Die Jode* het vanaf 400 vC Aramees* gepraat, maar ’n vorm van Hebreeus is in die sinagoges* gebruik, veral deur die rabbyne*.
  3. Middeleeuse Hebreeus: Hierdie vorm was tydens die Middeleeue in Arabiese lande en Europa in gebruik, en is deur Arabies beïnvloed.
  4. Moderne Hebreeus (Ivrit-/Israeli-He­breeus): Dit is die taal wat weer nuwe lewe gegee is vanaf die begin van die vo­rige eeu – veral in die moderne staat Israel*6 Voor daardie tyd het die Jode hoofsaaklik Aramees gebruik.
Sidebar