HEIL / HEILSVERWAGTING

HEIL / HEILSVERWAGTING. Die grond­vraag van die mensheid is die vraag na heil, verlossing, te midde van ’n wêreld vol ón­heil. Daarom worstel alle godsdienste met die vraag na verlossing uit ’n onheilsituasie; verlossing na gees en liggaam. Alle gods­dienste buite die Christelike geloof* om soek dit in die een of ander vorm van selfverlossing, bv deur goeie werke, soos in Judaïsme* en Islam*; deur kennis of deur meditasie soos in die Hindoeïsme* (Brah­manisme); deur kragverwerwing, soos b­v in Boeddhisme* en tradisionele stamgodsdienste.

Teenoor alle selfverlossingspogings, bely die Christelike godsdiens dat ware heil vir die mens en die ganse skepping* geleë is in die Persoon en werk van die drie-enige* God van die Bybel*. Hy laat sy koninkryk* (sy koningsheerskappy) kom deur die versoeningsoffer van Jesus Christus* (Ef 2:4-10; Kol 1:12-20), die gekruisigde, opgestane en wederkomende Heer. Só kom die ware, ewige heil uit louter Goddelike genade.

Vir verdere lees: JD Gort 1988. “Onheil, heil en bemiddeling” in: FJ Verstraelen (eind­red), Oecumenische Inleiding in de Mis­sio­logie. Kampen: Kok.

Sidebar