HEILIG

HEILIG. Dit is belangrik om te onderskei tussen die heiligheid van God en Christus* as ’n Goddelike kwaliteit, en mense* se heiligheid. Laasgenoemde het te doen met ’n (superieure) morele kwaliteit wat wel spore van sekere Goddelike kwaliteite kan vertoon, maar nie dieselfde is as God se heiligheid, wat volmaak* is, nie. Die oorspronk­like Hebreeuse* woord kom van ’n woordstam wat afskeiding of afsondering van ’n ding of persoon met die oog op God se gebruik, kan beteken. Die betrokke woorde in die Nuwe Testament* het waarskynlik ook hierdie oorsprong, maar dui veral op toewyding* aan God. Daar moet nietemin in die Nuwe Testament onderskei word tussen “heilig” omdat dit onaantasbaar is (hosios – Heb 7:26), “heilig” omdat dit afge­sonder is (hagios – 1 Pet 1:15-16), “heilig” om­dat dit gewy is (hieros – 1 Kor 9:13), en “heilig” omdat dit seremonieel rein* is (hagnos – 1 Tim 5:22; 1 Joh 3:3).

Heiliging* en heiligmaking is ’n oproep aan gelowiges om hierdie kwaliteit, wat voort­durend deur die Heilige Gees* in hulle aangewakker word, ook al meer in hulle lewenswandel te openbaar (1 Tess 5:23).

Sidebar