HEILIGING

HEILIGING. Die verlossingswerk wat God deur sy Gees* in ons doen, sê ons gewoonlik, begin met roeping* en weder­ge­boorte*, word voortgesit deur geloof* en be­kering*, en voltooi in regverdiging* en hei­liging. Laasgenoemde begrippepaar mag nie van mekaar geskei of omgeruil word nie. Dieselfde God wat ons regverdig, wil ons ook heilig*. In die eerste geval is dit veral sy genade*, en in die laaste geval ons gehoorsaamheid* wat op die voorgrond tree. Beide is egter in Christus* gefundeer en beide kan slegs deur die geloof verwerklik word (vgl 1 Kor 1:30). Dit is on­moont­lik dat iemand wat in Christus ge­reg­verdig (vrygespreek) is, nie ook geheilig (vernuwe) sal word om uit dankbaarheid vir God goeie werke te doen nie (vgl Heidelbergse Kategismus*, Vraag 86).

Heiliging is tegelyk ’n gawe en ’n opdrag, ’n geskenk en ’n taak. Daar word ’n beroep op ons verantwoordelikheid gedoen as die Skrif ons oproep om ons vir ’n heilige lewe te beywer (Heb 12:14). Heiliging beteken dat ons ons van die sondige in die wêreld moet afsonder om toegewy aan God te lewe.

 

Sidebar