HEILSLEËR

HEILSLEËR of Salvation Army maak deel uit van die wêreldwye Heiligheidsbeweging. Vanuit Brittanje en uit dié tradisie en agtergrond het dit in 1883 sy eerste treë in Suid-Afrika gegee. Hulle het in hulle ywer vir die evangelie* doelbewus as “soldate vir Christus” gekies om semi-militêre terme en strukture daar te stel. Hulle lewer steeds werk van buitengewone belang in die opheffing van veral diegene wat hulle op die onderste trap van die sosio-ekonomiese leer bevind. Dit word bv dikwels gesê dat, as niemand anders meer in die een of ander maatskaplike of geestelike krisissituasie behulpsaam kan wees nie, ’n mens altyd by die Heilsleër geholpe sal raak. Hulle Suid-Afri­kaanse hoofkantoor is in Johannesburg geleë, en hulle het ongeveer 20 000 lede in Suid-Afrika (2015). (Kyk ook: William Booth en: Catherine Booth.)

 

Sidebar