HEL

HEL

  1. Terwyl baie dinge oor die ewigheid vir ons ondeursigtig is, laat die Bybel* ons nie in die duister oor enkele sentrale dinge wat ons wel moet weet nie. Voorop staan die verlossingsboodskap, wat sy oorsprong het in God se handelinge in Jesus* Christus* hier op aarde. Die Bybel lig ons ook duidelik en onomwonde in dat daar oordeel* sal wees. Dat die Goddelike oordeel sal plaasvind op grond van ons werke op aarde – of dit goed of kwaad was – dáároor bestaan daar geen onduidelikheid nie. Die nie-gelowiges sal, soos almal, onder die oordeel van God kom, alhoewel daar ’n graadverskil sal wees in die straf. Luk 12:47-48 maak dit vir ons duidelik. Dit is belangrik om ook daaarop te let dat Paulus* nie ’n ewige verdoemenis as die parallelle teenoorgestelde van die ewige lewe in Christus ken nie. In al die Skrifdele waar Paulus van “verderf” praat , is dit net in 2 Tess 1:9 waar ’n “ewige verderf”/”ewige verdoemenis” ter sprake kom, en dan is ’n beter vertaling ’n “ewige vernietiging”: ’n vernietiging wat finaal is, waar daar nie herstel moontlik is nie, waar God nié meer teenwoordig is nie. Dit is hel.

Die gedagte aan ’n ewige straf parallel aan ’n ewige lewe, het in die teologie* sedert Paulus sy beslag gekry, maar ten onregte. God oordeel, en die nie-gelowiges staar – as straf – ’n vernietiging wat finaal is, waar daar nie herstel moontlik is nie, in die gesig. Terwyl ons tereg huiwerig is om oor God se oordele te praat, en die Bybel in metaforiese (Kyk by: Metafoor) en on-eintlike taal daarna verwys, is dit klaarblyklik nie korrek om die hel letterlik as ’n poel vuur waarin nie-gelowiges as straf vir ewig sal brand, te sien nie.  (Kerkbode, 27 Junie 2013.)

Sidebar