HELOÏSE

HELOÏSE (1098–1164) was hoof van die nonneklooster, Paraclete, en vrou van die teoloog* en filosoof, Petrus Abelardus*.

Heloïse is deur haar oom, die kerkregge­leerde, Fulbert, onderrig. Toe sy 18 was, versoek Fulbert die filosoof Abelar­dus om haar te onderrig.

Abelardus en Heloïse raak verlief. He­loïse word swanger en hulle trou in die geheim. Die familie is baie ontsteld en on­der aanhitsing van Fulbert, word Abelardus aangerand en gekastreer. Abelardus word daarna ’n monnik* by die klooster* van St Denis. Heloïse gaan op haar beurt na ’n klooster by Argenteuil. Toe die klooster in 1128 sluit, soek Heloïse en die ander nonne* skuiling by ’n nuwe orde*, die Benediktynse klooster, Paraclete, wat deur Abelardus begin is. Hier word Heloïse die hoof van die nonneklooster terwyl Abelar­dus die ab* was. Paraclete was bekend vir sy vroom werke.

Heloïse word onthou vir haar toewyding as hoof van die nonneklooster, maar veral vir die liefdestragedie tussen haar en Abelardus. In die literatuurwêreld is hulle briewe aan mekaar van die bekendste romantiese dokumente. In hierdie briewe kom Heloïse se vermoë as filosoof sterk na vore. Sy het oor ’n baie goeie argumentatiewe vermoë beskik.

Ná haar afsterwe word sy langs Abelar­dus by die Paraclete begrawe. Hulle word later in die Pére-Lachaise begraafplaas in Parys herbegrawe.               

Sidebar