HEMELVAART

HEMELVAART. Die direkte Skrif*getuie­nis oor Jesus* se hemelvaart tref ons in Lukas* se geskrifte aan, te wete Luk 24:50-53 en Hand 1:9-11. Dit verskyn as later toe­voeging in die vroegste Evangelie – Mark 16:19-20. Lukas verbind hemelvaart aan die Pinksterfees*, en dit word vandag nog op die Donderdag ’n week voor Pinkstersondag gevier. Jesus se hemelvaart is opgeneem in die drie ekumeniese geloofsbelydenisse* van Nisea*, Atanasius* en die Twaalf Arti­kels*, en word algemeen in die Christelike* kerk* aanvaar as een van die kernbelydenisse oor Jesus Christus*. Die hemelvaart plaas klem op die Goddelikheid van Chris­tus ná sy aardse vernedering, en benadruk sy hereniging met die Vader* en sy teen­woordigheid deur die Heilige Gees*. Hemel­vaart simboliseer die krag van Christus om as Voorspraak vir ons op te tree, en om vir ons plek gereed te maak in die huis van die Vader. Sommige teoloë meen dat die he­melvaart – soos die maagdelike ge­boorte* – as mite*, en nie as fisiese werklikheid nie, vertolk moet word. Die hemelvaart beëin­dig Christus se eerste koms, en is die basis vir Christene se verwagting van sy glorie­ryke tweede koms.

Vir verdere lees:

(Verwys by Vir verdere lees na Coenie Burger se boek oor hemelvaart.)

 

 

 

Sidebar