HENOG

HENOG. Daar is twee persone in die Ou Testament* met hierdie naam.

  1. ‑Die oudste seun van Kain* (Gen 4:17-18).
  2. ‑Die seun van Jered en die pa van Metusalag, sewende in afstamming vanaf Adam* in die lyn van Set* (Gen 5:18 en volgende verse; 1 Kron 1:3; Judas 14). Hy het naby aan God geleef. God het hom volgens Gen 5:24 weggeneem na Hom, vermoedelik sonder om te sterf.

 

Sidebar