HETEROSEKSUALITEIT

HETEROSEKSUALITEIT dui op seksuele neigings wat geheel en al of hoofsaaklik gerig is op indiwidue van die teenoorgestelde geslag. Dit is die belewing van ’n persoon as ’n totale psigo-fisieke wese wat hunker na eenwording  met iemand van die teenoorgestelde geslag. Dit bereik ’n hoogtepunt in die seksdaad binne ’n vaste liefdesverhouding tussen twee volwassenes. “Heteroseksueel” staan teenoor “homoseksueel*”, hoewel trekke van homoseksualiteit by mense wat oorwegend heteroseksueel is, kan voorkom, en andersom. ’n Heteroseksuele oriëntasie verwys na die liefde, emosionele betrokkenheid, seksuele aangetrokkenheid en gedrag tussen mense van teenoorgestelde geslagte. (Kyk ook by: Seksualiteit; Biseksualieit.)

 

Sidebar