HIKSOS

HIKSOS beteken “vreemde oorheersers” en verwys na ’n groep Noordwes-Semiete, Gurriete en Hetiete* wat Egipte* binnegeval het en vanaf 1700 tot 1550 vC oor Egipte regeer het. Hulle het die hoofstad vanaf Tebes verder noord na Avaris (Soan in die Nyldelta) verskuif. Hulle ryk het Egipte, Palestina* en Sirië* ingesluit. Die Hiksos was goedgeskoolde soldate wat perde en strydwaens gehad het en verantwoordelik was vir die bou van die vasgestampte grond­­vestings wat later by Sigem* en Hasor* ontdek is. Hulle is uiteindelik uit Egip­te verdryf deur Agmoses I, die stigter van die 18de di­nastie. Sommige geleerdes meen dat Josef* in Egipte was tydens die regering van die Hiksos.

Sidebar