HILARIUS VAN POITIERS

HILARIUS VAN POITIERS (circa 315– 367) was omtrent tien jaar oud toe die Eerste Konsilie van Nisea* plaasgevind het. Hy het welgestelde nie-Christenouers ge­had en het, met die oog op ’n pos in die staatsdiens, filosofie* en retoriek gestudeer. Hy maak ook ’n studie van die Ou* en Nu­we* Testament en kom tot bekering*. In 345 het hy hom en sy vrou en dogter laat doop*. Die Christelike gemeenskap van Poi­tiers het hulle so hoog geag dat hulle hom eenparig as biskop* gekies het – alhoewel hy getroud was. In sy tyd het die Arianis­me* gedreig om die kerk* te oorspoel en moes hy standpunt inneem. Hy het twee geskrifte – De Synodis (Oor die Konsilies) en De Trinitate (Oor die Drie-eenheid*) – die lig laat sien om te verduidelik wat die kerkvaders* geglo het. Hierbenewens was Hilarius die eerste Latynse kerkvader wat kerkliedere geskryf het.

Sidebar