HILDEGARD

HILDEGARD (1098-1179) was van haar agtste jaar ’n kluisenaar en het reeds vroeg visioene ervaar. Sy is daarom die “Sybilla van die Ryn”genoem. Hildegard was die stigter van verskeie kloosters en het haar omstreeks 1150 in ’n nonneklooster in Rupertsberg gevestig waarvan sy die abdis (hoof) was. Talle van haar visioene is opgeteken. Sy het verskeie natuurkundige studies geskryf, asook geestelike liedere wat sy self getoonset het. Sy was in drukke korrespondensie met kerklikes en hoogwaardigheidsbekleërs betrokke en het aansienlike invloed uitgeoefen. Hildegard is in die 15de eeu tot heilige verklaar.

 

Sidebar