HIRKANUS

HIRKANUS. Twee Hasmonese leiers dra hierdie naam.

  1. ‑Hirkanus I was die seun van Simon Makkabeus* wat van 135/4–104 vC oor Judea* regeer het. Hy het onder andere die Samaritane* se tempel op Gerisim* vernietig.
  2. ‑Hirkanus II het as hoëpriester* in Jerusa­lem* gedien – in 76–66 en weer van 63 tot 40 vC. Hy is uiteindelik in 30 vC deur Herodes*1 die Grote vermoor.

 

Sidebar