HIS PEOPLE CHRISTIAN MINIS­TRIES

HIS PEOPLE CHRISTIAN MINIS­TRIES staan breedweg in die evangelies-charismatiese tradisie (Kyk by: Charismatiese spiritualiteit) en het in 1988 tot stand gekom. Hulle fokus veral op  evangelisasiewerk in die konteks van universiteitskampusse. Hulle is daarop ingestel om jongmense te bereik deur aandag te gee aan hulle totale behoeftes. Hulle hoofkantoor is in Rondebosch in Kaapstad en hulle versprei ’n nuusbrief bekend as On Solid Rock. Paul Daniel is hulle stigter.

 

Sidebar